NEFF gaan Geingob aankla van toesmeerdery ná diefstal op Ramaphosa se plaas

EFF-leier Julius Malema sê die Namibia Economic Freedom Fighters sal ‘n strafsaak teen President Hage Geingob open in verband met die vermeende toesmeerdery van ‘n beweerde diefstal van 4 miljoen Amerikaanse dollar by die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo. Malema het op ‘n mediakonfernsie gesê Geingob het met Ramaphosa saamgesweer om Namibiërs te ontvoer en Ramaphosa gehelp om sy geldwassery te verbloem. Geingob het enige kennis van die kwessie ontken en gesê hy is geensins betrokke nie.