Zambezi-goewerneur lewer sy streeksrede

Die Zambezi-streekgoewerneur, Lawrence Sampofu, het vandag sy streeksrede gelewer en hy het gesê hy wil vinnige implementering van ‘n eenstop-grenspos hê om handel te versnel. Sampofu het gesê sy streek is verbind met lande wat sake-potensiaal het. Die goewerneur het ook gepraat oor uitdagings wat die streek in die gesig staar, insluitend die gebrek aan gasvryheidsgeriewe.

Sampofu het ook diegene gewaarsku wat vrede in die streek probeer versteur met die die sogenaamde Caprivi-besorgde groep in ag genome.