Bench Marks-stigting: SA is gekoppel aan Glencore

Die Bench Marks-stigting meen dit is onwaar dat Suid-Afrika nie gekoppel is aan Glencore se bedrywighede nie. Die multi-nasionale verbruiksgoedere- en mynonderneming het ingestem om skuldig te pleit aan ‘n ingewikkelde web van omkopery en prys-manipulering. Die web het versprei vanaf Venezuela na Nigerië, Los Angeles, die Verenigde Koninkryk en Brasilië, maar sonder enige melding van Suid-Afrika. Die stigting se woordvoerder, David van Wyk, het sy stem bygevoeg in die oproep vir ‘n ondersoek na Glencore se bedrywighede in die land.