David Miller vaar uitstekend in Indiese Premiersliga

Krieket: Die Protea-mans is tans in Indië vir ‘n reeks van vyf T20s waarvan die eerste kragmeting Donderdag gespeel word. David Miller het uitstekend gevaar met die kolf in die pas-afgelope Indiese Premiersliga, waar hy Gujarat Titans gehelp het om die toernooi te wen. Hy sê hy hoop om sy spelpeil voort te sit vir die Proteas.