Werk aan kanaal veroorsaak wateronderbrekings in Noorde

Namibië se noordelike streke is weer deur wateronderbrekings getref weens werk wat tans aan die kanaal gedoen word. Volgens NamWater sal die streke van Oshana, Oshikoto, Omusati en Ohangwena ‘n tekort van water ervaar. Die area-bedryfsbestuurder Abraham Ashipala het gesê die opgraderingswerk aan die kanaal sal lei tot verlaagde watervooriening na NamWater se behandelings-aanlegte en verspreidingstelsel. Waterrantsoenering sal vanaf vandag tot 18 Junie voortduur. Nooddienste soos hospitale en klinieke moet hoofkantore kontak vir spesiale reëlings vir watertenke. Die uitvoerende hoof van NamWater, Abraham Nehemia …