SA Nasionale Taxivereniging nie deel van beplande nasionale staking van Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxivereniging is nie deel van ‘n nasionale staking wat vir Vrydag beplan word nie. Santaco se nasionale woordvoerder, Thabiso Molelekwa, sê hulle beplan nie ‘n staking nie, maar hulle voer samesprekings met die regering oor ‘n lewensvatbare oplossing ná die petrolprysverhoging. Nuus van ‘n moontlike nasionale staking het hierdie week aanlyn verskyn, aangesien taxi-tariewe tussen nou en volgende maand sal styg.