Kondoom-skenking verwelkom

Die Amerikaanse ambassade in Namibië 6,9 miljoen kondome en 2,9 miljoen smeermiddels aan die gesondheidsministerie geskenk. Die skenking word gefinansier deur die President se Noodplan vir Vigs-verligting , Pepfar, deur USAid. Dr. Philippe Talavera, die stigter van die Ombetja Yehinga Organisasie, OYO, het die skenking verwelkom en gesê dit sal help om die verdere verspreiding van MIV en seksueel-oodraagbare siektes te bekamp.