NEFF sê in NV Pres. Geingob moet op sabbatsbreek gaan oor Ramaphosa-sage

Kalimbo Iipumbu van die Namibia Economic Freedom Fighters het vandag in die Nasionale Vergadering gesê President Hage Geingob moet ook op sabbatsbreek gaan weens sy beweerde verbintenis met die diefstal van miljoene Amerikaanse dollar op Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa se plaas in die Limpopo. Speaker Peter Katjavivi moes kort-kort die Nasionale Vergadering tot orde roep. Dit volg ná die EFF-leier in die buurland, Julius Malema, op ‘n mediakonfernsie gesê NEFF gaan Geingob aankla omdat Geingob met Ramaphosa saamgesweer het om Namibiërs te ontvoer en Ramaphosa gehelp om sy geldwassery te verbloem.