Wes-Kaap neem voortou met omgewingstudies

Die Wes-Kaapse regering sê hy is verbind tot ekonomiese ontwikkeling wat in balans is met ekologiese volhoubaarheid. Die LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die regering beplan om die proses van omgewingsimpakstudies wat nodig is vir nuwe ontwikkelings, te verbeter. Bredell sê sy departement het seker gemaak al die amptenare wat met goedkeurings werk, is geregistreer by die Omgewings-impakstudie-praktisynsvereniging van Suid-Afrika. Hy voeg by die provinsie het tans die grootste aantal sodanig geregistreerde beamptes in die land.