Netbal: Desert Jewels takel Tanzanië om 12:00

Die hoofafrigter van die Namibiese senior netbalspan, Mary Waya, sê dit is belangrik vir die span om vandag sy openingswedstryd teen Tanzanië te wen. Die Debmarine Desert Jewels is in Suid-Afrika vir hul Afrika-netbalwêreldbeker-uitdunne wat tot 27 Augustus sal plaasvind. Die Afrika-netbalwêreldbeker-uitdunne vir die Kaapstad 2023-netbalwêreldbekertoernooi word by die Universiteit van Pretoria gehou, waar nege spanne sal meeding. Namibië is in poel A, saam met gasheerland Suid-Afrika, Botswana, Tanzanië en Zimbabwe. Suid-Afrika en Uganda het reeds vir die 2023-toernooi gekwalifiseer waar altesaam 16 spanne in Kaapstad sal meeding om die gesogte trofee. Die wedstryd tussen Namibië en Tanzanië begin om 12-uur vanmiddag.