Air Zimbabwe beplan om vlugte tussen Harare en Windhoek te hervat

Die Zimbabwiese nasionale lugdiens Air Zimbabwe beplan om vlugte tussen Harare en Windhoek te begin om voordeel te trek uit ‘n gaping in die mark wat deur die val van Air Namibia gelaat is. Volgens berigte het Air Zimbabwe vroeg vanjaar by die Namibiese Lughawens-maatskappy aansoek gedoen het om direkte vlugte tussen die twee lande te herstel, wat byna twee jaar gelede gestaak het toe Air Namibia gevou het. Ingeligtes by Air Zimbabwe het die ontwikkeling bevestig het, maar nie uitgebrei oor besonderhede nie, te midde van aanduidings dat die lugdiens wag om vir hul buitelandse operateurspermit om uitgereik te word. Dan Kamati, woordvoerder van die Lughawens-maatskappy, sê Air Zimbabwe se planne om die Harare-Windhoek-roete te bedien sal wonderlik wees vir besigheid en toerisme in Namibië.