Chinees Wang Hui is die ontsnapte renosterhoringsmokkelaar

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het bevestig die Chinese renosterhoringsmokkelaar, die 47-jarige Wang Hui, het vanmiddag uit die Namibiese Korrektiewe Dienste-fasiliteit in Windhoek ontsnap. Hy het glo buite gewerk en gevra om toilet toe te gaan. Korrektiewe beamptes het later na Wang gaan soek, maar hy het reeds ontsnap. Nampol doen ‘n beroep op die publiek om hom te help opspoor. Wang en ‘n swart bestuurder het met ‘n wit Mercedes Benz-sportnutsvoertuig kus toe gery en padblokkades by Karibib en Usakos ontduik. Wang dien tronkstraf van 15 jaar uit nadat hy en drie ander Chinese in Maart 2014 14 renosterhorings en twee luiperdvelle by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako wou uitsmokkel.