Nujoma doen beroep vir verbeterde produktiwiteit

Die Namibiese arbeidsminister Utoni Nujom het ‘n beroep op vakbonde gedoen om produktiewe ingesteldheid by hul lede te begin vestig. Hy beklemtoon dat as verteenwoordigers van werkers, hul verantwoordelikheid nie net is om die beskerming van die regte van werkers te verseker nie, maar ook om hulle sensitief te maak oor hul verantwoordelikhede en die belangrikheid van produktiwiteit vir die ekonomie en die land as geheel. Nujoma het Namibiërs versoek om hul produktiwiteits-vlakke by werkplekke te verhoog in ‘n poging om produktiwiteit in alle sektore van die Namibiese ekonomie te bereik. Nujoma sê die verbetering van die land se vlak van produktiwiteit kan die enjin wees vir ekonomiese groei wat tans in die wiele gery word deur die hoë werkloosheid, inflasie, armoede en die ongelykheidsyfer, sowel as ‘n die hoë misdaadsyfer. Die arbeidsministerie herdenk die week Produktiwiteitsweek.