Dis-Chem trek amptelik sy ‘rasbrief’ terug

Dis-Chem het amptelik vandag sy “rasbrief” teruggetrek. Dis-Chem het in ’n mediaverklaring bevestig dat dit sy brief amptelik terugtrek. Volgens die maatskappy weerspieël die brief, wat wyd gedeel is, nie sy waardes nie en betreur dit die interne memorandum se bewoording. Dit het volgens die maatskappy ook nie die korrekte interne prosesse gevolg voordat dit uitgestuur is nie. Dis-Chem sê hulle  betreur die bewoording en toon van ’n interne memorandum wat verkeerdelik wyd gedeel is. Dis-Chem sê hulle is opreg spyt oor die aanstoot wat dit vir soveel mense veroorsaak het, insluitend hul personeel en miljoene lojale kliënte.