Haïti moet internasionale veiligsmag ontvang, inwoners sê nee

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het die chaos in Haïti bespreek. Die land word op die oomblik deur gewapende bendes regeer en een groep het die land se sentrale brandstof-depot oorgeneem. Daar is ook geen veiligheid op die oomblik in die hawes nie en cholera het uitgebreek. Die sekretaris-generaal Antonio Guterres sê ‘n internasionale veiligheidsmag moet na die land ontplooi word.

Rusland en China het daarteen gestem en so ook ontstoke inwoners van die beleërde eiland nasie wat protesoptogte gehou het daarteen en Russiese vlae gewapper het met ‘n doodskis wat bedek was met die vlae van Westerse lande.