DA: Toerismedepartement nie ernstig om toeriste te lok

Die DA sê die departement van toerisme en sy instelling, Suid-Afrikaanse Toerisme, het nie moeite gedoen om Suid-Afrika se handelsmerk te versterk nie. Die party sê die bemarking van Suid-Afrika as ‘n voorkeur-toeristebestemming behoort voorop gestel te wees. Volgens die Ouditeur-generaal se kantoor het die departement nie wat waarskynlik een van sy belangrikste teikens is, bereik nie. Hannah Winkler van die DA sê Suid-Afrika is ‘n wonderlike land met ‘n uitstekende toerisme-aanbod.