SA Posbank verloor miljoene weens kubermisdaadaanvalle

Die Suid-Afrikaanse Posbank het binne drie maande meer as 18 miljoen Suid-Afrikaanse rand weens kubermisdaadaanvalle verloor. Die uitvoerende hoof, Lucas Ndala, het aan die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie gesê daar was ‘n hele paar kuberbedrog-voorvalle, waarvan die meeste verband hou met die stelsel vir betalings van maatskaplike Sassa toelaes. Meer as 141 toelae-begunstigdes is […]

Read More

Weste plaas perk op Russiese olieprys

‘n Nuwe perk op die prys van Russiese olie sal dadelik Russiese President Vladimir Putin se belangrikste bron van inkomste verlaag, volgens die VSA. Janet Yellen, sekretaris van die Amerikaanse tesourie, sê die perk waarop Westerse bondgenote amptelik ooreengekom het, kom ná maande van harde werk. Die perk keer lande om meer as 60 Amerikaanse […]

Read More

Elton John is hoof-kunstenaar op 2023 Glastonbury-fees

Elton John is volgende jaar die hoof-kunstenaar op die Glastonbury-fees en dit is ook die laaste Britse datum van sy afskeidstoer. Die superster waarborg ‘n skouspelagtige vertoning op 25 Junie. Dit volg langer as vyf jaar nadat John sy 350-vertoning Farewell Yellow Brick Road-toer aangekondig het. Die toer moes oorspronklik verlede jaar eindig, om die […]

Read More

Omgewingsministerie beboet reeds onwettige kampeerders

Die Namibiese omgewingsministerie het reeds boetes van 2 400 Namibiese dollar uitgereik aan mense wat onwettig kamp in beperkte gebiede of verbode plekke vir kampering. Die feesseisoen het pas afgeskop en ministerie het reeds verskeie oproepe oor hierdie oortredings ontvang. Die bestuur van voertuie van die pad af in beperkte of beskermde gebiede, sowel as […]

Read More

ANC-NUK se spesiale vergadering Sondag

Die ANC sê hy gaan môremiddag ‘n spesiale vergadering van die nasionale uitvoerende komitee by Nasrec in Johannesburg byeenroep. Dit is aanvanklik vir Vrydag geskeduleer. Die NUK gaan President Cyril Ramaphosa se lot bespreek na die bekendmaking van ‘n onafhanklike paneel se verslag Woensdag. Die paneel het verdoemende bevindings teen Ramaphosa oor die diefstal van […]

Read More

Vier vroue in Boksburg vas oor drie leeuwelpies

Vier vroue wat in hegtenis geneem is omdat hulle na bewering in besit was van drie leeuwelpies wat hulle glo wou verkoop, sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand om borgtog aansoek doen. Die 22-jarige Jorain Hill, die 25-jarige Megan du Plessis, die 27-jarige Yanndri Bekker en die 46-jarige […]

Read More

Duitse sokkerspan ontleed hul Wêreldbeker-smarte

Sokker: Duitsland se beheerliggaam, die DFB, gaan die land se Wêreldbeker-smarte volgende week ontleed nadat die span weereens in die eerste ronde uitgeskakel is. Die viermalige kampioen gaan huis toe al het hulle Costa Rica Vrydagaand in hulle laaste Groep E-wedstryd met 4-2 geklop. Japan se verrassende oorwinning van 2-1 oor 2010 se kampioen, Spanje, […]

Read More

Stad Windhoek steeds in penarie oor pos van uitvoerende hoof

Stad Windhoek het aangekondig dat Faniel Maanda vanaf 7 Desember vanjaar tot 7 Maart 2023 die nuwe waarnemende uitvoerende hoof van die hoofstad sal wees. Maanda is die strategiese hoof vir behuising, eiendomsbestuur en hervestiging. Hy neem die leisels oor by Jennifer Comalie wat vanaf 1 tot 6 Desember in dié pos waarneem. Stad Windhoek […]

Read More

SA staatsamptenare verskerp druk op regering

Die Vereniging vir Staatsamptenare in die buurland sê hy gaan voort om druk op die regering te verskerp ten einde die lot van werknemers in hulle loongeskil uit te lig. Stakings by verskeie instellings oral in die land duur voort, en veral dienslewerings-departemente word geteiken. Vergaderings word gehou om lede vir verskeie optredes te mobiliseer. […]

Read More

Voëlgriep eis sowat 14 000 voëls in Peru

Die Peruviaanse Nasionale Landbou-gesondheidsdiens sê ongeveer 14 000 pelikane, blouvoet-boebies en ander seevoëls het gevrek weens die hoogs aansteeklike voëlgriepvirus. Die huidige uitbreking het in Kanada begin en na die Verenigde State versprei, wat ‘n rekord van 50 miljoen voëlvrektes aangeteken het. Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie het vroeër vanjaar lande in Suid- […]

Read More