Omgewingsministerie beboet reeds onwettige kampeerders

Die Namibiese omgewingsministerie het reeds boetes van 2 400 Namibiese dollar uitgereik aan mense wat onwettig kamp in beperkte gebiede of verbode plekke vir kampering. Die feesseisoen het pas afgeskop en ministerie het reeds verskeie oproepe oor hierdie oortredings ontvang. Die bestuur van voertuie van die pad af in beperkte of beskermde gebiede, sowel as in rivierbeddings sal ooreenkomstig regulasies en wette hanteer word en sal streng toegepas word. Die ministerie doen ‘n beroep op alle Namibiërs en vakansiegangers om die land skoon te hou en rommel in vullisdromme te gooi.