ANC-NUK se spesiale vergadering Sondag

Die ANC sê hy gaan môremiddag ‘n spesiale vergadering van die nasionale uitvoerende komitee by Nasrec in Johannesburg byeenroep. Dit is aanvanklik vir Vrydag geskeduleer. Die NUK gaan President Cyril Ramaphosa se lot bespreek na die bekendmaking van ‘n onafhanklike paneel se verslag Woensdag. Die paneel het verdoemende bevindings teen Ramaphosa oor die diefstal van miljoene Suid-Afrikaanse rand op sy wildplaas Phala Phala in Limpopo gemaak. Daar is intussen nog geen woord van die presidensie oor ‘n moontlikheid dat hy die nasie gaan toespreek nie.