SA Posbank verloor miljoene weens kubermisdaadaanvalle

Die Suid-Afrikaanse Posbank het binne drie maande meer as 18 miljoen Suid-Afrikaanse rand weens kubermisdaadaanvalle verloor. Die uitvoerende hoof, Lucas Ndala, het aan die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie gesê daar was ‘n hele paar kuberbedrog-voorvalle, waarvan die meeste verband hou met die stelsel vir betalings van maatskaplike Sassa toelaes. Meer as 141 toelae-begunstigdes is in Augustus weens ‘n kuber-aanval geraak. Die Posbank moet nou oor die volgende drie jaar 400 miljoen rand bestee om sy IT-stelsels op te gradeer. Ndala sê die Posbank IT-stelsel is deur die ouditeur-generaal uitgewys vir sy swakhede.