SA staatsamptenare verskerp druk op regering

Die Vereniging vir Staatsamptenare in die buurland sê hy gaan voort om druk op die regering te verskerp ten einde die lot van werknemers in hulle loongeskil uit te lig. Stakings by verskeie instellings oral in die land duur voort, en veral dienslewerings-departemente word geteiken. Vergaderings word gehou om lede vir verskeie optredes te mobiliseer. Dit sluit in protesoptrede volgende week in Kaapstad, wat die setel van die parlement is. Reuben Maleka van die vereniging sê planne word ook gemaak om by die ANC se kongres later die maand te betoog in die lig van sekere ministers se kritiek op kollektiewe bedinging.