Vier vroue in Boksburg vas oor drie leeuwelpies

Vier vroue wat in hegtenis geneem is omdat hulle na bewering in besit was van drie leeuwelpies wat hulle glo wou verkoop, sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand om borgtog aansoek doen. Die 22-jarige Jorain Hill, die 25-jarige Megan du Plessis, die 27-jarige Yanndri Bekker en die 46-jarige Lauren Bartholomew is ná ‘n wenk vasgetrek. Die Valke se eenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaad sê die welpies is na raming sowat vyf weke oud.