Duitse sokkerspan ontleed hul Wêreldbeker-smarte

Sokker: Duitsland se beheerliggaam, die DFB, gaan die land se Wêreldbeker-smarte volgende week ontleed nadat die span weereens in die eerste ronde uitgeskakel is. Die viermalige kampioen gaan huis toe al het hulle Costa Rica Vrydagaand in hulle laaste Groep E-wedstryd met 4-2 geklop. Japan se verrassende oorwinning van 2-1 oor 2010 se kampioen, Spanje, het beteken Japan en Spanje dring deur na die ronde van 16. Duitsland kon ook nie vier jaar gelede in Rusland die eerste ronde oorleef nie. Die president van die DFB, Bern Neuendorf, beskryf die uitskakeling as besonder pynlik.