Weste plaas perk op Russiese olieprys

‘n Nuwe perk op die prys van Russiese olie sal dadelik Russiese President Vladimir Putin se belangrikste bron van inkomste verlaag, volgens die VSA. Janet Yellen, sekretaris van die Amerikaanse tesourie, sê die perk waarop Westerse bondgenote amptelik ooreengekom het, kom ná maande van harde werk. Die perk keer lande om meer as 60 Amerikaanse dollar vir ‘n vat Russiese ru-olie wat per see vervoer word, te betaal. Dit is geskeduleer om op 5 Desember of kort daarna in werking te tree. Lae- en medium-inkomste-lande wat swaar geraak is deur hoë energie- en kospryse, sal veral voordeel trek uit die perk.