NamWater-hoof sê oor waterbronne

Kommer heers of daar genoeg water in Namibiese damme tot die volgende reënseisoen sal wees. Weens ‘n gebrek aan reën is damvlakke laer as verlede jaar. Gesamentlik is damme 69,7 persent vol teenoor verlede jaar se 84,8 persent. Die Von Bachdam by Okahandja se vlak staan op 28,7 persent teenoor verlede jaar dieselfde tydperk se […]

Read More

ActionSA sê Cyril se stilte oor Uganda-gaywette is oorverdowend

ActionSA sê President Cyril Ramaphosa se stilswye oor Uganda se wetsontwerp teen homoseksualiteit is oorverdowend en kommerwekkend. Uganda se parlement het Dinsdag omvattende wetgewing teen gays aanvaar wat swaar nuwe strawwe vir mense in huwelike van dieselfde geslag inhou. Dit kriminaliseer ook enige iemand wat as deel van die LGBT-gemeenskap identifiseer. In sekere gevalle word […]

Read More

Trump het mense mislei met arrestasie aantygings

Aanklaers in Manhattan sê Donald Trump het mense mislei deur ‘n verwagting te skep dat hy vandeesweek gearresteer sou word en het mede-Republikeine in die kongres aangespoor om in te meng met ‘n ondersoek wat aan die gang is oor sy betaling aan die pornoster Stormy Daniels. Die voormalige president het Saterdag gesê hy sal […]

Read More

Wêreldatletiek sê sy nuwe reëls oor vroue, en transgender vroue, is regverdig

Wêreldatletiek het nuwe regulasies vir verskille in geslagsontwikkeling in atlete bekend gemaak. Wat dit beteken is dat transgender vroue, wat deur puberteit as seuns gegaan het, nie aan elite vroue-byeenkomste mag deelneem nie. Die president van Wêreldatletiek Sebastian Coe sê dit gaan oor regverdigheid. Dit sal ook van enige relevante atlete vereis om hul testosteroonvlakke […]

Read More

Vrystaat bly verbind tot geweld- en misdaadvoorkoming

Die Vrystaatse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê hy bly daartoe verbind om te werk aan misdaad- en geweldvoorkoming deur duidelike bewusmakingsveldtogte. Die departement se misdaadvoorkomingseenheid het gister ’n misdaad- en bendebewusmakingsveldtog vir graad agt-leerders by die Evungwini Secondary School in Vrede gehou. Die departement se woordvoerder, Lindiwe Mnguni, sê die doel van die veldtog is om die stygende misdaadsyfer in gemeenskappe te verminder. 

Read More

Houtskoolprodusente gewaarsku om regulasies na te kom

Die Houtskoolvereniging van Namibië sê hy ontvang dikwels navrae van nie-houtskoolboere wat klagtes teen oortreders wil lê. Die vereniging sê hy kan boere slegs adviseer wat om te doen en kan dit opneem met Bosbou wat gesag dra in die ondersoekproses. Hy sê daar is tans baie oortredings deur produsente wat nie die riglyne volg nie. Hy veroordeel dit ten sterkste […]

Read More

Mediese koste styg weer in SA

Statistiek Suid-Afrika sê fooie vir dokters, tandartse en hospitaal-sale het verlede maand met 5,3 persent gestyg. Dit is ‘n effense toename in die verhoging van 5 persent dieselfde maand verlede jaar. Die agentskap onthul verder gesondheidsversekering het in Februarie met 4,4 persent gestyg, ná verskeie ondernemings hul jaarlikse premieverhogings ingestel het. Hierdie syfers is vrygestel toe Statistiek SA aangekondig het jaarlikse verbruikersinflasie het in […]

Read More

TikTok-baas getuig in VSA

Die bestuurshoof van TikTok, Shou Zi Chew, het vrese dat die Chinese regering toegang het tot die toepassing se gebruikersdata ‘n hipotese genoem. Hy het voor ‘n Amerikaanse kongresverhoor verskyn, waar hy gedwing is om sy maatskappy se verhouding met China, asook die beskerming vir sy jongste TikTok-gebruikers uiteen te sit. Wetgewers vra dat TikTok, wat een van die gewildste toepassings in Amerika is, verbied word. TikTok het meer as 150 […]

Read More

Suid-Afrikaners loop voor by Jonsson Workwear Ope

Die Suid-Afrikaners Martin Vorster en Darren Fichardt loop albei met een hou voor op agt onder ná die aanvangsronde van die Jonsson Workwear Ope by The Club in Steyn City in Gauteng. Hulle is een hou voor hulle landgenoot, Hennie O’Kennedy, die Swede Sebastian Soderberg en Joakim Lagergren, en Nick Bachem van Duitsland. Vorster, wat sy eerste seisoen in die Sonskyn-toer beleef, sê hy is tevrede met sy wegspringvertoning in die toernooi: 

Read More

ANC-standpunt oor Europese oorlog raak nie markte nie

Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, is van mening Suid-Afrika se standpunt oor die Russies-Oekraïnse oorlog het geen invloed op die finansiële markte nie. Hy het met verslaggewers buite die Uniegebou in Pretoria gepraat. Godonwana verduidelik dit sal slegs gebeur indien die Amerikaners sekondêre sanksies teen spesifieke lande instel. Hy voorsien nie dit sal binnekort gebeur nie: 

Read More