Vier maande oue fetus by Osona Village gevind

‘n Vier maande oue fetus is in ‘n rioolpyp by Osona Village buite Okahandja gevind. Polisie-woordvoerder van die Otjozondupa-streek, inspekteur Maureen Mbeha, sê die fetus, ‘n seuntjie, is ontdek deur werkers wat besig was met die waterherwinning- en rioolstelsels van die dorp. Hy was toegedraai in ‘n plastieksak. Die polisie het geen verdere inligting nie en doen ‘n beroep op lede van die publiek wat moontlik inligting het van ‘n vrou wat swanger was en nie meer is nie, om na vore te tree.