Kroning: Ster van Suid-Afrika weer in die nuus

Koning Charles sal vandag tydens sy kroning ‘n koninklike septer vashou wat die Ster van Suid-Afrika, die wêreld se grootste helder-geslypte diamant, bevat. Die diamant, van 530 karaat, is in 1905 in Suid-Afrika ontdek. Die destydse koloniale regering het dit twee jaar later aan die Britse monargie geskenk. Internasionale nuusagentskappe berig oproepe om dit terug te bring neem toe, aangesien baie juwele en artefakte wat tydens kolonialisme onteien is, aan hul lande van herkoms teruggegee word. Sowat 8 000 mense het glo ‘n versoekskrif onderteken vir die terugkeer van die Ster van Suid-Afrika.