Albanese is bekommerd oor Assange se welstand

Die Australiese premier Anthony Albanese het sy frustrasie uitgespreek oor die Verenigde State se voortgesette pogings om die WikiLeaks-stigter en Australiese burger Julian Assange uit te lewer, wat die afgelope vier jaar in die hoë-sekuriteit Belmarsh-tronk in Londen is terwyl hy die saak beveg. Albanese, wat in die Verenigde Koninkryk is vir koning Charles III se kroning, sê hy is gefrustreerd dat daar nog nie ‘n diplomatieke oplossing vir die kwessie was nie. Hy is bekommerd oor die geestesgesondheid van die 51-jarige Assange.