Alle oë op Kaapstad met VRK-kwarteindronde

Die geesdrif is so hoog vir vanmiddag se uiters belangrike wedstryd in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap tussen die Stormers en die Bulle, dat die Kaapstad-stadion die grootste skare ooit vir ‘n tuiswedstryd kan hê. Teen Vrydag is reeds heelwat meer as 40 000 kaartjies verkoop. Die stadion het plek vir 57 000 mense. Vanaand pak die Haaie die sterk span Leinster in Dublin. Die Durbanse span besef hulle sal alles moet uithaal, maar hulle sluit nie die moontlikheid van ‘n groot verrassing uit nie.