Zambezi is in vloed, inwoners gewaarsku

Inwoners naby die Zambezi-rivier word gewaarsku dat die vlakke van die rivier steeds styg en dat vloedwaters reeds die vloedvlaktes van Kabbe Suid en Noord bereik het. Op die oomblik sê die Namibiese Hidrologiese Diens vloei die river teen 3 094 kubieke meter per sekonde en sy vlak is net bo 5 meter gemeet. Die Okavango-rivier by Rundu is tans op 5,66 meter en vloei teen 299 kubieke meter per sekonde. By die Ruacana-kragaanleg vloei die Kunene-rivier op 273,3 kubieke meter per sekonde.