Gordhan het 60 dae om te verseker noodsaaklike dienste het altyd krag

Die hoërhof in Pretoria het beslis dat hospitale, klinieke, skole en polisiekantore van beurtkrag vrygestel moet word. Dit kom nadat verskeie politieke partye en vakbonde ‘n aansoek gebring het om hierdie noodsaaklike instellings teen kragonderbrekings te beskerm. Die hof het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, 60 dae gegee om die uitspraak in werking te stel. Daarbenewens het die hof ook beveel dat alternatiewe energietoevoer, soos kragopwekkers, by die fasiliteite verseker moet word om ononderbroke krag te verseker.