Belangegroep bewerkstellig die invoer van 300 flessies teengif

Die bekende Namibiese slangkenner Francois Theart sê dat 300 flessies teengif binnekort in die land verwag word. Daar was die afgelope maande ‘n erge tekort aan teengif regoor die land, onder andere aangevuur deur uitdagings by Onderstepoort in Pretoria. Theart sê die Namibia Snakebite-belangegroep het verskeie hoëvlak vergaderings gehou in die verband en het uiteindelik toestemming gekry om die teengif vanuit Indië in te voer. Premium Serums and Vaccines is ‘n bekende vervaardiger van hoë-kwaliteit entstowwe en meer. Hy voldoen ook alle goeie vervaardiging praktyke en is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie goedgekeur.