Sudan-samesprekings begin vandag in Jeddah

Die eerste samesprekings tussen die Sudannese weermag en die paramilitêre groep, die Rapid Support Forces begin vandag in Jeddah in Saoedi-Arabië. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê hy verwelkom die vergadering met die hoop dat samesprekings tot ‘n einde aan die geweld in Sudan lei. Die konflik tussen die weermag en die Rapid Support Forces het op 15 April begin. Derduisende is ontwortel en ‘n nuwe vlugtelingskrisis het in die gebied ontwikkel.