Heineken bring nuwe begin vir NBL

Die Nederlandse bier-reus Heineken NV, het sy verbintenis tot die lokalisering van produksie in Namibië weer beklemtoon tydens ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob. Die maatskappy het onlangs die Nambiese brouery aangekoop. Die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat dit nie die einde van ‘n era is nie maar eerder, ‘n nuwe begin vir die brouery. Daar word verwag dat die aankoop die ekonomie, sowel as plaaslike verkrygingskettings ‘n hupstoot kan gee en werksgeleenthede bied. Heineken se uitvoerende hoof Dolf van den Brink, het ook aangekondig dat 25 miljoen Namibiese dollar oor die volgende vyf jaar vir SME-ontwikkeling geoormerk sal word.