AA: SA se dieselprys kan dalk daal

Die jongste data van die Sentrale Energiefonds in die buurland dui daarop dat die dieselprys volgende week met 78 sent per liter kan daal, terwyl die petrolprys feitlik onveranderd kan bly. Die Automobiel Assosiasie sê die prys van 95 loodvrye petrol kan met 1,5 sent per liter daal, terwyl 93 oktaan met vier sent per […]

Read More

Tornado’s saai verwoesting in twee state in VSA

’n Hewige tornado het verwoesting in Little Rock, Arkansas en naburige dorpe gesaai. Minstens twee mense is dood en tientalle beseer toe die tornado dakke en mure van talle geboue afgewaai het, voertuie omgeslaan en bome en kragdrade afgeruk het. Ure later het nog ‘n tornado die dak van ‘n ouditorium in die noorde van […]

Read More

Rugby: Pumas oorrompel Cheetahs

Rugby: Die Curriebeker-kampioene, die Pumas, het die Cheetahs Vrydagaand in Bloemfontein  totaal oorrompel met ‘n oorwinning van 61-21. Die heelagter Devon Williams het ‘n driekuns behaal. In Welkom het die Bulle vir die vierde keer ‘n nederlaag gely toe die Griffons in ‘n geskiedkundige Curriebeker-wedstryd in Welkom ‘n oorwinning van  32-28 behaal het. Weerlig het die […]

Read More

Copps 94.1: Ernstige ongeluk in hoofstad

Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram het die aand met ‘n ernstige ongeluk afgesluit met beseerdes wat in die Katutura-staatshospitaal opgeneem moes word. Copps 94.1 was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment […]

Read More

Goudsmokkel-mafia gebruik gesofistikeerde metodes

Die direkteur van die beleggingsmaatskappy, Denker Capital, Kokkie Kooyman, het hom uitgelaat oor die verdoemende dokumentêre program deur Al Jazeera oor die goudsmokkel-mafia in Suid-Afrika. Die ondersoek het amptenare by drie van die land se top banke betrek wat goudsmokkelaars help om miljoene dollars te was. Werknemers van Standard Bank, Absa en Sasfin Bank is […]

Read More

LGBTQ-aktiviste: VN moet druk op Uganda plaas

LGBT-aktiviste sê die Verenigde Nasies moet druk op Uganda se regering plaas om sy wetsontwerp teen homoseksualiteit te laat vaar. Die Ugandese regering het die wetgewing aanvaar, maar die President Yoweri Museveni moet dit nog onderteken. Indien die wetgewing deurgevoer word sal selfdegeslag-verhoudings ‘n strafregtelike oortreding in Uganda wees waarvoor oortreders gevangenisstraf of selfs die […]

Read More

Krieket: Proteas klop Nederland met agt paaltjies

Krieket: Suid-Afrika het ‘n oortuigende oorwinning van agt paaltjies teen Nederland in die eerste eendag-internasionale wedstryd in Benoni behaal. ‘n Vennootskap van 102 lopies om die derde paaltjie tussen Temba Bavuma en Aiden Makram het die besoekers se lot verseël. Bavuma was onoorwonne op 90 en Makram op 51, vir ‘n telling van 190 vir […]

Read More

Guptas doen aansoek om asiel in twee Afrika-lande

Atul en Rajesh Gupta, wat deur Suid-Afrika gesoek word op aanklagte van geldwassery en bedrog, het glo vir asiel in twee Afrika-lande aansoek gedoen. Volgens Franse mediaberigte het die broers het by die owerhede in Kameroen en die Sentraal-Afrikaanse Republiek daarvoor aansoek gedoen. Albei lande is buite die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wie se lede uitleweringsversoeke van […]

Read More

Kremlin verwerp sprake van wapenstilstand

Die Kremlin het sprake van ‘n wapenstilstand in Oekraïne verwerp en sê om die oorlog nou te stop, sal nie help om Rusland se doelwitte te behaal nie. Moskou het gereageer na die President van Belarus, Alexander Luksashenko, wat Rusland se naaste bondgenoot is, ‘n beroep vir vrede gedoen het. Die Russiese President Vladimir Putin […]

Read More

Stad Windhoek bekommerd oor lae damvlakke

Stad Windhoek is bekommerd oor lae vlakke van damme wat die hoofstad van water voorsien. Die Swakoppoortdam se vlak staan op 77,4 persent, maar pomp water oor na die Von Bachdam wat slegs 29,2 persent vol is. Die Von Bachdam was verlede jaar dieselfde tydperk 52,1 persent tydperk vol. Die Omatakodam is byna leeg op […]

Read More