Senaat sê ja vir hulppakket

Die Amerikaanse Senaat het na maande lange vertragings ʼn hulppakket van 1,81 triljoen Namibiese dollar vir Oekraïne, Israel en Taiwan bekragtig. Dit sluit in fondse om Oekraïne se oorlogskas aan te vul, humanitêre verligting te bied in konflikgebiede insluitend Gaza, en vir die Indo-Stille Oseaan-streek om sy verdediging teen China te versterk. President Joe Biden […]

Read More

Arsenal lê bo op punteleer

Arsenal is nou heel boaan die Prermierliga-punteler – drie punte voor sy naaste teenstander. Hulle het met 5-0 teen Chelsea in die Emirates-geseëvier. Leandro Trossard het die tuisspan se eerste doel in die eerste helfte aangeteken. Kai Havertz en Ben White het nog twee doele elk in die tweede helfte vir Mikel Arteta se span […]

Read More

18 vroue tot dusver in ‘24 vermoor

Die Namibiese polisie het sedert die begin van die jaar 18 vroue regoor die land as vermoor aangeteken. Die polisie-hoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo het die syfers aan die nasionale uitsaaier, die NBC, bevestig. Elf van die vroue is deur ‘n minnaar vermoor met Erongo, Khomas, Otjozondjupa en Omusati wat twee elk aangeteken het. Kavango Oos […]

Read More

Angola stoot dieselprys op, maar dis steeds goedkoop

Angola se petroleumproduktereguleerder het dieselpryse met sowat 48 persent verhoog as deel van die regering se pogings om duur subsidies wat staatsfinansies onder druk plaas, hok te slaan. Diesel is steeds spotgoedkoop in die land, 4 Namibiese dollar 60 sent ‘n liter. Petrol is onveranderd gelaat op 6 Namibiese dollar 90 sent ‘n liter. Vera […]

Read More

VN aanvaar verslag oor UNRWA

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het die aanbevelings aanvaar wat vervat is in ‘n Onafhanklike Hersieningsgroep se verslag oor die bedrywighede van die Verenigde Nasies se hulp- en werksagentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Nabye Ooste. Die ondersoek, onder voorsitterskap van die voormalige Franse minister van Buitelandse Sake, Catherine Colonna, is gedoen […]

Read More

Hartlief: Fabriek is nog oop

Die perseel van Hartlief Shop and Bistro in Windhoek is op 7 April deur ‘n brand verswelg. Die maatskappy het op sy sosiale media aangedui dat dit tot verdere kennisgewing gesluit sal wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Roux-che Locke, die Ohlthaver & List Groep se woordvoerder, vir ‘n opdatering oor die skade en […]

Read More

Mei-brandstofprys Donderdag bepaal, styging in die vooruitsig

Volgens die energie-ministerie sal die komitee wat brandstofpryse bepaal eerskomende Donderdag vergader en die nuwe brandstofpryse tree volgende Woensdag in Mei in werking. Die AA in Suid-Afrika het reeds gewaarsku dat nog ‘n petrolprysverhoging in Mei daar verwag kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energie-ministerie, wat sê dat […]

Read More

Spoorlyn na Botswana deur TransNamib verwelkom

Die Trans-Kalahari spoorlyn, wat vanaf Botswana oor die Namibiese grens tot Walvisbaai sal strek, sal na verwagting handel en toerisme in beide lande bevorder en sal na verwagting teen 2026 klaar wees. Goedere wat vervoer gaan word, sal hoofsaaklik insluit steenkool en koper vanaf Botswana na Walvisbaai vir uitvoer, asook ingevoerde vrag vanaf Walvisbaai na […]

Read More

Geen meer damwater vir Mariental se tuine nie

Terwyl besproeiing van lande by die Hardap-groenskema tot 25 persent beperk is, het die Mariental-munisipaliteit aangekondig dat voorsiening van ongesuiwerde water vir tuine, gestaak word. Die munisipaliteit voorsien al jare lank onbehandelde water uit Hardapdam vir tuingebruik. Die munisipaliteit sê die water sal op 30 April afgesny word. Hardap is op die oomblik 12,3 persent […]

Read More

Equal Rights reageer op druk op Mbumba oor Jerry-wet

’n Komitee wat teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike is, het president Nangolo Mbumba versoek om verlede jaar se huwelikswysigingswetsontwerp en gade-wetsontwerpe te teken. Hy moet ook sy standpunt oor die LGBTQ+-gemeenskap in die openbaar verklaar. Die komitee, onder leiding van voorsitter Pendapala Nakathingo en sy adjunk Paulus Nuuyona, het verlede week ‘n petisie aan die Nasionale […]

Read More