Hartlief: Fabriek is nog oop

Die perseel van Hartlief Shop and Bistro in Windhoek is op 7 April deur ‘n brand verswelg. Die maatskappy het op sy sosiale media aangedui dat dit tot verdere kennisgewing gesluit sal wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Roux-che Locke, die Ohlthaver & List Groep se woordvoerder, vir ‘n opdatering oor die skade en die verliese, en of ons nog Hartlief-produkte op die rakke sal sien. Locke sê die fabriek is gelukkig nie deur die brand geraak nie, en net die winkel en bistro is grootliks beskadig.