Mei-brandstofprys Donderdag bepaal, styging in die vooruitsig

Volgens die energie-ministerie sal die komitee wat brandstofpryse bepaal eerskomende Donderdag vergader en die nuwe brandstofpryse tree volgende Woensdag in Mei in werking. Die AA in Suid-Afrika het reeds gewaarsku dat nog ‘n petrolprysverhoging in Mei daar verwag kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energie-ministerie, wat sê dat Namibië dalk ook ‘n prysverhoging in Mei sal sien.