Senaat sê ja vir hulppakket

Die Amerikaanse Senaat het na maande lange vertragings ʼn hulppakket van 1,81 triljoen Namibiese dollar vir Oekraïne, Israel en Taiwan bekragtig. Dit sluit in fondse om Oekraïne se oorlogskas aan te vul, humanitêre verligting te bied in konflikgebiede insluitend Gaza, en vir die Indo-Stille Oseaan-streek om sy verdediging teen China te versterk. President Joe Biden sal die wetgewing vandag onderteken en sê dis belangrik om lande te ondersteun om hulleself te verdedig teen terroriste soos Hamas en tiranne soos die Russiese president Vladimir Putin.