Geen meer damwater vir Mariental se tuine nie

Terwyl besproeiing van lande by die Hardap-groenskema tot 25 persent beperk is, het die Mariental-munisipaliteit aangekondig dat voorsiening van ongesuiwerde water vir tuine, gestaak word. Die munisipaliteit voorsien al jare lank onbehandelde water uit Hardapdam vir tuingebruik. Die munisipaliteit sê die water sal op 30 April afgesny word. Hardap is op die oomblik 12,3 persent vol met 773 000 kubieke meter wat in die laaste week onttrek is vir die groenskema en die dorp.