18 vroue tot dusver in ‘24 vermoor

Die Namibiese polisie het sedert die begin van die jaar 18 vroue regoor die land as vermoor aangeteken. Die polisie-hoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo het die syfers aan die nasionale uitsaaier, die NBC, bevestig. Elf van die vroue is deur ‘n minnaar vermoor met Erongo, Khomas, Otjozondjupa en Omusati wat twee elk aangeteken het. Kavango Oos het geen van die spesifieke gevalle gehad nie maar daar is wel vroue deur ander vermoor. Geslagsgeweld en geweld teen kinders bly ‘n wesenlike uitdaging.