Angola stoot dieselprys op, maar dis steeds goedkoop

Angola se petroleumproduktereguleerder het dieselpryse met sowat 48 persent verhoog as deel van die regering se pogings om duur subsidies wat staatsfinansies onder druk plaas, hok te slaan. Diesel is steeds spotgoedkoop in die land, 4 Namibiese dollar 60 sent ‘n liter. Petrol is onveranderd gelaat op 6 Namibiese dollar 90 sent ‘n liter. Vera Daves de Sousa, minister van finansies, het verlede maand gesê Angola is daartoe verbind om alle brandstofsubsidies te verwyder op ‘n manier wat nie tot enige terugslag sal lei nie. Die subsidies veroorsaak die oorgrens smokkelary van brandstof waarmee Namibiese owerhede ‘n geruime tyd sukkel.