LPM ongelukkig met hervestigingsbeleid

Die hersiene nasionale hervestigingsbeleid vir 2023 tot 2033 word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek. Dit kom na dit deur die kabinet goedgekeur is en landbouminister Calle Schlettwein aangekondig het dat dit hierdie maand in werking gestel sal word. Die parlement moet dit egter nog goedkeur. Die beleid het drie hervestigingsmodelle ingestel, waarvan die Lae […]

Read More

RISE sê hy het plan om hongersnood te bekamp

RISE Mzansi in die Oos-Kaap sê hy het ʼn omvattende plan om hongersnood en wanvoeding in die provinsie te hanteer. Die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Bukiwe Fanta, het onthul byna 447 000 mense in die provinsie se geld om kos te koop het verlede jaar tussen Maart en September opgeraak. Dit beteken meer as een […]

Read More

Oorstromings ontheem 100 000 in Kenia

Soos Kenia se meteorologiese departement vandeesweek meer swaar reënval voorspel, neem die aantal mense wat deur die bogemiddelde Maart tot Mei-reëns geraak word steeds toe. Inwoners van die Machakos-distrik is gestrand deur vloedwater wat hul huise en plase vernietig het. Daar word beraam dat oorstromings meer as 100 000 mense tot dusver geraak het, oeste […]

Read More

Britte maak gereed vir eerste Rwanda vlug

Brittanje is gereed om migrante binne dae te begin aanhou vir deportasie na Rwanda nadat die Parlement die omstrede plan goedgekeur het. Dit het woede ontlok by die Verenigde Nasies en menseregtegroepe. Die wetgewing is ‘n vlagskipbeleid van die Konserwatiewe regering en wil onreëlmatige migrasie oor die Engelse Kanaal uit die noorde van Frankryk keer. […]

Read More

Behuising teiken nie die regte mark nie

Na die sooispit-seremonie van die bekostigbare behuisingsprojek maande gelede by Goreangab Uitbreiding 4, is konstruksie nou in volle swang. ‘n Honderd-en-13 wooneenhede word gebou om die behuisingsbehoeftes van lae-inkomste individue en gesinne aan te spreek. Die projek, wat na verwagting in drie fases oor die loop van 12 maande voltooi sal word, sal na verwagting […]

Read More

GBV-selle te veel en te min in SA

Die polisie het onthul daar is tans meer as 100 000 seksuele aanrandingstelle beskikbaar vir slagoffers, maar nie alle polisiestasies het toegang daartoe nie. Die nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, het in antwoord op ‘n parlementêre vraag gesê hoewel die aantal stelle dikwels die vereiste hoeveelheid in die meeste provinsies oorskry, is daar tekorte in sekere […]

Read More

Massagrafte in Gaza – VN ondersoek oorlogsmidaad

Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê berigte van massagrafte met honderde liggame by twee van Gaza se grootste hospitale, wek nuwe kommer oor moontlike oorlogsmisdade. Palestynse amptenare sê 310 liggame is die afgelope week gevind – 35 hiervan Dinsdag. Die VN-hoëkommissaris vir Menseregte se woordvoerder, Ravina Shamdasani, sê die doelbewuste moord op burgerlikes en aangehoudenes […]

Read More

Sonny Bill dalk sy werk kwyt oor Gaza-kommentaar

‘n Australiese radio-aanbieder wil die voormalige All Blackspeler Sonny Bill Williams afgedank hê as kommentator vir Channel 9. Dit volg op Williams se sosiale media-boodskappe oor die konflik tussen Israel en Hamas waarin hy geen geheim maak van sy steun vir Palestina nie. Ray Hadley sê hy is skaam om vir dieselfde maatskappy te werk […]

Read More

Walvis kanselleer RedForce-ooreenkoms

Daar was regoor die land verskeie betogings op dorpe en die hoofstad oor die aanstelling van RedForce om munisipale skuld in te vorder. Walvisbaai is nie die betogings gespaar nie en berigte lui dat die munisipale raad Dinsdagaand tydens ‘n spesiale vergadering, ‘n mosie aanvaar het dat die ooreenkoms met RedForce onmiddellik beëindig word. Intussen […]

Read More

Verskeie stemlokale in Gauteng is hoë-risiko

Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê alles is gereed om te verseker dat die verkiesing in ‘n veilige omgewing gehou word. Daar is 2 797 stemlokale in 529 wyke in Gauteng. Hiervan hou 168 ‘n hoë risiko en 377 ‘n medium risiko in. Mthombeni sê intelligensiestrukture binne die polisie is hard aan die werk sedert […]

Read More