VN aanvaar verslag oor UNRWA

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het die aanbevelings aanvaar wat vervat is in ‘n Onafhanklike Hersieningsgroep se verslag oor die bedrywighede van die Verenigde Nasies se hulp- en werksagentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Nabye Ooste. Die ondersoek, onder voorsitterskap van die voormalige Franse minister van Buitelandse Sake, Catherine Colonna, is gedoen om te bepaal of UNRWA alles in sy vermoë doen om werk in die gebied te verbeter en te versterk.