EFF lê klag van korrupsie teen Gordhan
Die Visepresident van die EFF, Floyd Shivambu, gaan vandag ‘n saak van korrupsie teen die buurland se Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, by die Hillbrow-polisiekantoor in Gauteng indien. Die party sê die minister het ‘n geheime vergadering met Hoofregter Mogoeng Mogoeng gereël en probeer om die aanstelling van regters te beïnvloed. Mogoeng het onthul […]
SA poskantoor is bankrot
Daar is bevind dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor kommersieel bankrot is. Die buurland se Ouditeur-Generaal het bekend gemaak dat die staatsonderneming verliese van meer as 1,7 miljoen Namibiese doller gely het terwyl sy laste sy bates met 1,5 miljard Namibiese doller oorskry het. Daar is bevind dat die SAPK nie behoorlike boekhouding ingestel het om te […]
Nuwe voertuie verkoop effe beter, maar is steeds swak
Daar is 908 nuwe voertuie wat in Maart verkoop is, ‘n toename van 1,68 persent op ‘n maandgrondslag. Volgens IJG Sekuriteite wat die syfers bekend gemaak het verteenwoordig die verkope ‘n 20,3 persent toename teenoor voertuie wat in Maart 2020 verkoop is. Daar is 2 494 voertuie in die eerste 3 maande van die jaar […]
Spekbome vir Aarde-dag
Aarde-dag word weer volgende Donderdag gevier. ‘n Raadslid van die Stad Tshwane, Marike Kruger-Muller, en die Burgmeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landboubestuur, Dana Wannenburg, gaan as deel van die metro se bydrae spekbome aan meningsvormers in die stad uitdeel. Kruger-Muller sê sy het die veelsydige plant gekies om bewaring aan te moedig:
Repokoers sal onverdanderd bly?
Talle ekonome is van mening dat die Bank van Namibië vandag die bank terugkoopkoers onveranderd op 3,75 persent sal laat. Die Goewerneur van die bank Johannes !Gawaxab sal vanoggend om 11-uur die koers bekendmaak. Cons Karamata, plaaslike ekonoom oor wat die koers in werklikheid beteken met die uiters hoë voedselpryse en trae ekonomiese toestande.
Maties het nuwe handelsmerk
Die Universiteit Stellenbosch het ‘n nuwe logo onthul wat die vorige een vervang wat die laaste 20 jaar in gebruik was. Die kern van die nuwe logo-ontwerp bestaan uit twee elemente. Die eerste is die ‘S’ van ‘Stellenbosch’, wat die warmte en lewenskrag van Afrika weerspieël terwyl stromende lyne die ‘U’ vir ‘Universiteit’ vorm. Die […]
Mianmar kan in Sirië ontaard
Die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, waarsku dat die voortdurende onderdrukking van versetoptrede in Mianmar tot ‘n volskaalse konflik soos dié in Sirië kan lei. Veiligheidsmagte het na wat berig word meer as 700 mense doodgemaak sedert die militêre oorname van die regering in Februarie. Bachelet sê dit is nodig om die […]
NLU het kommer oor sprinkane in Karas
Die Namibiese Landbou Unie het sy kommer uitgespreek oor die sprinkaanplaag wat tans in die Karas-streek woed. Volgens die unie kom groot plae voor by Karasburg, Koës en Aroab en daar is tekorte aan plaagdoder by die Namibiese Ministerie van Landbou. Die unie het 100 000 Namibiese doller opsy gesit om sy lede by te […]
Ondersoek na alle bloedklont newe-effekte in SA
Suid-Afrika het tydelik die gebruik van die Johnson en Johnson inenting gestaak sodat ondersoek na bloedklonte, wat nie in die buurland voorgekom het nie, ondersoek kan word. Die President van die Suid-Afrikaanse Mediese Raad, Professor Glenda Gray, sê intussen hulle bestudeer tans alle data oor die seldsame bloedklontvorming in die verskillende Covid-19-entstowwe wat beskikbaar is:
Te veel kinders groei-gestremd
Navorsers van die Universiteit van die Vrystaat sê Suid-Afrika is geïdentifiseer as een van die lande met hoë vlakke van verskeie vorme van wanvoeding, wat uitloop op gestremde groei en oorgewig by kinders. ‘n Voedingskenner, Chantelle Whitten, sê om nie dit as wanvoeding te erken nie, kom neer op stadige geweld teen kinders. Sy het […]