NLU het kommer oor sprinkane in Karas

Die Namibiese Landbou Unie het sy kommer uitgespreek oor die sprinkaanplaag wat tans in die Karas-streek woed. Volgens die unie kom groot plae voor by Karasburg, Koës en Aroab en daar is tekorte aan plaagdoder by die Namibiese Ministerie van Landbou. Die unie het 100 000 Namibiese doller opsy gesit om sy lede by te staan om die insekte te beheer maar sê dit is by verre nie genoeg nie. Groot suksesse is onlangs deur die unie in die omgewing van Otavi behaal met 95 persent van die swerm wat saam met belanghebbendes uitgewis is.