Te veel kinders groei-gestremd

Navorsers van die Universiteit van die Vrystaat sê Suid-Afrika is geïdentifiseer as een van die lande met hoë vlakke van verskeie vorme van wanvoeding, wat uitloop op gestremde groei en oorgewig by kinders. ‘n Voedingskenner, Chantelle Whitten, sê om nie dit as wanvoeding te erken nie, kom neer op stadige geweld teen kinders. Sy het gesê die mees onlangse data van die 2016 Nasionale Demografiese Gesondheidspeiling, toon dat 27 persent van Suid-Afrikaanse kinders onder die ouderdom van 5 jaar groei-gestremd of té kort vir hulle ouderdom is. In Namibië is 23 persent groei-gestremd.