Mianmar kan in Sirië ontaard

Die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, waarsku dat die voortdurende onderdrukking van versetoptrede in Mianmar tot ‘n volskaalse konflik soos dié in Sirië kan lei. Veiligheidsmagte het na wat berig word meer as 700 mense doodgemaak sedert die militêre oorname van die regering in Februarie. Bachelet sê dit is nodig om die lewering van wapentuig en finansiering aan die militêre leierskap af te sny wat die ernstige menseregteskendings pleeg.