Maties het nuwe handelsmerk

Die Universiteit Stellenbosch het ‘n nuwe logo onthul wat die vorige een vervang wat die laaste 20 jaar in gebruik was. Die kern van die nuwe logo-ontwerp bestaan uit twee elemente. Die eerste is die ‘S’ van ‘Stellenbosch’, wat die warmte en lewenskrag van Afrika weerspieël terwyl stromende lyne die ‘U’ vir ‘Universiteit’ vorm. Die Rektor en Visekanselier, Wim de Villiers, sê die nuwe logo bevat ook die woorde ‘Stellenbosch’ en ‘Universiteit’, in elk van die drie Suid-Afrikaanse tale wat die instelling gebruik, naamlik Engels, isiXhosa en Afrikaans: