Fokus op die boere, nie die grond nie

Kenners meen dat die regering eerder geld moet bestee op bestaande hervestigde boere as om meer grond aan te koop. Die Namibiese Minister van Grondhervorming Calle Schlettwein het vroeër aangekondig dat die teiken van 5 miljoen hektaar teen 2020 nie behaal is nie en dat 1,7 miljoen hektaar nog aangekoop moet word. Die plaaslike Landbou Navorser Wallie Roux sê ook dat daar geen voordeel is om hektare te teiken nie en dat hervestigde boere eerder meer sukses moet behaal. Hy verduidelik.